In 2018 het die Fakulteit Natuurwetenskappe, een van die stigtersfakulteite aan die Universiteit Stellenbosch (US) in 1918, sy honderdjarige bestaansjaar gevier met die bekendstelling van ’n gedenkboek: ’n Besonderse Denkwyse – Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch, 1918–2018. Die boek volg die spoor van die eerste akademiese departemente, asook die eerste pioniers wat die grondleggingswerk vir opleiding en navorsing in verskeie dissiplines gedoen het. Met meer as 200 foto’s en beeldmateriaal uit die US argief, die Africanaafdeling van die US biblioteek en verskeie artefakte uit departementele versamelings, insluitend wetenskaplike beeldmateriaal van voormalige en huidige navorsing, bied dit ’n lewendige en treffende blik op ’n eeu van US natuurwetenskaplikes en hul besonderse denkwyse.
“Die boek is ’n huldeblyk aan almal wat bygedra het om die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch te vestig. Oor die afgelope eeu het dié fakulteit en ander sleutelinstellings daartoe bygedra om Suid-Afrika van ’n hoofsaaklik landelike gemeenskap tot ’n nywerheidsreus op die Afrikakontinent te transformeer.” – Prof. Chris Garbers, professor van Organiese Chemie (1958-1978) en voormalige president van die WNNR (1980-1990).
Rooi linne hardeband met foelie gebosseleer op voorkant en rug. Stofomslag met Franse vou en individueel in plastiek verpak. Beskikbaar in Afrikaans of Engels. Slegs ’n beperkte oplaag boeke is gedruk.
– Papier: Teks gedruk op 157 gsm Gold East Matt
– Grootte: 200 volkleurbladsye plus skutblaaie
– Publikasiedatum: Oktober 2018
The post ‘n Besonderse Denkwyse appeared first on Matie Shop.